School sportSport

Randhart se o.12 netbalsterre

Laerskool Randhart se o.12A netbalspan het ’n uitstekende seisoen agter die rug.

ALBERTON – In April het hulle bronsmedaljes by die Super 12-kompetisie verower, as wenners uit die Ekurhuleni Superliga getree en daarna boonop netbalgeskiedenis gemaak toe hulle met die louere as Gautengwenners beloon is.

Tydens die o.12A span se deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe reken hulle af met Sunnyridge Primary School van die Oos-Kaap, Oosskool in Limpopo, asook Laerskool Brackenfell en Laerskool Durbanville van die Wes-Kaap. Dié wedstryde was hard en die reën het ook talle uitdagings gebied.

Die o.12A netbalspan eindig algeheel vyfde in Suid-Afrika en Laerskool Randhart is uiters trots op hierdie spannetjie.

Related Articles

Back to top button