Skolerugby-oorsig

Met die 2015-skolerugbyseisoen wat tot ’n einde gekom het met die Noordvaal bekerfinale, is dit gepas om die Alberton skoleseisoen se hoogtepunte kortliks in oënskou te neem.

ALBERTON- Met die 2015-skolerugbyseisoen wat tot ’n einde gekom het met die Noordvaal bekerfinale, is dit gepas om die Alberton skoleseisoen se hoogtepunte kortliks in oënskou te neem.

In die middelskolereeks het Alberton High se pad geëindig met die Goue Leeus finale, omdat die reëls nie toelaat dat ’n kategorie-kampioen vir twee jaar na mekaar verder in die Noordvaal-reeks speel nie. Al vier Alberton High spanne het in die finaal op UJ gespeel en die 0.16 span het met 19-12 teen Carletonville geseëvier om as Goue Leeus kampioene gekroon te word. Die o.14 span het met 17-elk gelykop teen Carletonville gespeel om die louere te deel. Beide Alberton High se 0.15 en eerstepan het as naaswenners uit die Goue Leeus middelskolereeks getree terwyl Hoërskool President High as wenners gekroon is.

By die grootskolereeks kon Hoërskool Alberton se o.16 span daarin slaag om tot die Goue Leeus finaal deur te dring en ook as naaswenners te eindig. Die plaaslike derbytrofee wedstryd tussen Hoërskool Alberton en Hoërskool Dinamika, is vanjaar met 20-6 deur Dinamika verower.

In die makroskolereeks het die eerstespan van Hoërskool Marais Viljoen die beste in die Noordvaalreeks gevaar en tot die kwalifiserende rondtes deurgedring na twee agtereenvolgende seges teen Hoërskool Florida. Met ’n 17-14 oorwinning het Marco Saaiman se span gekwalifiseer om Hoërskool Menlo Park aan te durf. In ’n wipplankstryd het die Pretoriaskool egter met 37-30 deurgedring tot die kwarteindronde teen die rooi bulle van Middelburg waar hul opmars ook tot stilstand gebring is.

Exit mobile version