Local sportSport

Skolerugby vir 2015

Die oorspronklike trofeereeks vir skolerugby in die Noordelike provinsies het reeds in 1922 tot stand gekom met die Administrateursbeker, waarvan Pretoria Boys High die heel eerste wenners was na ‘n sege van 24-3 oor Bethal in die finaal.

ALBERTON – In 1987 word dit die Direkteursbeker en vandag is dit bekend as die Beeld-Trofeekompetisie.

Nou, 93 jaar later, kan skolerugby-ondersteuners weer uitsien na ‘n opwindende seisoen van skolerugby. Die Goue Leeus streeksligabepalings word eers afgehandel voor die uitspeelwedstryde. Daarna volg die Beeeldtrofee kwarteindrondes met die Noordelike provinsies se streekwenners en naaswenners wat daarvoor kwalifiseer, hierby betrokke.

Vir alle skolerugbyliefhebbers, hiermee die beskikbare bepalings van Abertonskole:

* Hoërskool Marais Viljoen se bepalings vir die nuwe Beeldtrofee Makro-skoleliga B-afdeling:

23 Mei 2015: Jeugland teen Marais Viljoen weg; 6 Junie: Marais Viljoen teen Die Anker tuis by Marais Viljoen; 20 Junie: Vereeniging Gimnasium teen Marais Viljoen weg.

* Hoërskool Alberton se Beeldtrofee bepalings sien soos volg daar uit: 9 Mei vs Linden (weg); 13 Mei vs Riebeeckrand (tuis); 16 Mei vs Jan Viljoen (weg); 23 Mei vs Dinamika; 30 Mei vs Randburg (tuis); 13 Junie vs Bastion (weg); 20 Junie uitspeelwedstryde begin met semi-finale.

* Alberton High, tans die houer van die algehele Beeldtrofee vir middelskole, se ligabepalings is soos volg: 25 April Nic Diedericks (weg); 9 Mei President (tuis); 17 Mei Carletonville (tuis); 24 Mei Goudrif (weg); 31 Mei Roodepoort (tuis); 7 Junie Allen Glen (weg); 14 Junie uitspeelwedstryde begin.

Met die ter perse gaan hiervan is die bepalings van Bracken High en Hoërskool Dinamika egter nog nie ontvang nie, en by verkryging daarvan sal dit ook gepubliseer word vir die gerief van alle skolerugby-ondersteuners.

Related Articles

Back to top button