Local sportSport

Pukke rugby net te sterk

Die groot gaping tussen universiteitspanne met hul ongekende diepte en oop klubs, is weer opnuut beklemtoon met die besoek van die Pukkespanne van die Universiteit van Potchefstroom aan A-Square-Forklifts Alberton Rugbyklub tydens die tuisklub se eerste ligabepalings van die seisoen.

ALBERTON – Net soos dit die geval met die ander spanne was, kon Alberton se seniorspan ook nie byhou nie en was die studente net te sterk vir die manne van Alberton. Die Pukke het van meet af aan oorheers en was teen rustyd na vyf drieë teen geen reeds met 27-3 gemaklik voor. Die senter Ryno Brits het die tuisspan se enigste punte met ‘n strafdoel aangeteken.

In die tweede helfte het die Pukke nog vier keer gaan druk om hul voorsprong tot 53-3 op te skuif, wat dan ook die eindtelling was. Alberton het in die laaste vyf minute moedig teruggeveg en in die besoekers se gebied geboer, maar kon net nie die strawwe verdedigingslinie troef nie. Manie Reyneke, Alberton voorsitter, het soos volg kommentaar gelewer: “Alberton’s head coach former Springbok Kaya Malothana, coach Michael Labuschagne and the rest of their coaching team and management work hard behind the scenes to bring A- Square Forklifts Alberton league rugby back to the winning ways of the golden seventies and eighties and it can just go better step by step.”

Die volgende bepaling om hul krag te toets is Vrydagaand 8 Mei teen Roodepoort weg.

Ander rugby-uitslae: Klubspanne: A- Square Forklifts Alberton tweedespan verloor 10-77, derdes 14-49, 0.21 verloor met 12-47 en 0.19 val vas 0-64. Skole: Marais Viljoen klop Vereeniging Gimnasium met 17-3 in die Tuks-reeks se uitspeelrondes. Die puntemakers was Eduan Taljaard en Edrich van Niekerk met drieë, Michael Pretorius met ‘n doelskop en Jonathan Mulder met ‘n doelskop en strafskop. Jonathan is die seun van ‘n Alberton rugbyster uit die negentigerjare, knap losvoorspeler Kobus Mulder. Vodacombeker: Tuisunie Goue Leeus met een wedstryd minder, is steeds saam met die Bulle die top twee spanne in die reeks se Noordelike afdeling en kwalifisering vir die uitspeelrondes wink.

Related Articles

Back to top button