Local sportSport

Nuwe skolerugbyliga

Nuwe Makroskole rugbyliga, waaraan spanne van die Leeus, Valke en Luiperds meeding, vind van hierdie seisoen af plaas.

ALBERTON – Hoërskool Marais Viljoen sal as Alberton se verteenwoordiger in die kompetisie in die B-afdeling van die kompetisie kragte meet met Jeugland van Kempton Park, Die Anker van Brakpan en Vereeniging Gimnasium.

Die twee voorste spanne uit hierdie vier in die afdeling sal teen die derde en vierde spanne in die A-afdeling uitspeel om twee van die plekke in die kwarteindronde van die Beeldtrofee.

Die Blou Bulle en die Pumas se twee voorste spanne, saam met die twee voorste spanne in die A-afdeling, dring direk deur na die kwarteindronde. Monument, EG Jansen, Kempton Park, Florida en Rustenburg is die skole wat sake in die A-afdeling uitspook.

Die bepalings vir hierdie nuwe skoleliga B-afdeling, waarby Marais Viljoen betrokke is, lyk soos volg:

* 23 Mei – Jeugland teen Marais Viljoen.

* 6 Junie – Marais Viljoen teen Die Anker tuis by Marais Viljoen.

* 20 Junie – Vereeniging Gimnasium teen Marais Viljoen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button