School sportSport

Orion se jukskeispan wen

Laerskool Orion se Dogters Jukskei A-span het Gauteng verteenwoordig tydens die SA Skolesportkampioenskappe wat aangebied is deur die Departement van Onderwys te Pretoria gedurende 10 tot 13 Desember 2014.

Die span het bestaan uit Danelle Coetzee, Hanri Lotz, Jana Lotz, Melindi Nortjé en Moné Vogel. Anrichelle Nortjé het die span vergesel as spanbestuurder en Leoni Lotz as afrigter. Die span het baie goed gevaar en met drie medaljes weggestap.

Die dubbelspan van Melindi Nortjé en Moné Vogel het goud gedeel met KZN. So ook het die trippelspan van Danelle Coetzee, Hanri Lotz en Jana Lotz goud gedeel met Vrystaat.

Na afloop van die spankompetisie het hierdie span tweede geëindig en die silwer medalje gewen. Dit was voorwaar ‘n puik prestasie wat hierdie dogters behaal het, aangesien slegs een laerskool per provinsie verteenwoordig is.

Dwarsdeur alle sportkodes was Team Gauteng dan ook die algehele wenner van die SA Skolesportkampioenskappe.

Related Articles

Back to top button