Local sportSport

André pak sy stewels weg

Hierdie gevierde Springbok uit Albertonkontrei kyk terug op ‘n roemryke rugbyloopbaan.

ALBERTON – André Pretorius, Hoërskool Dinamika se eerste rugby-Springbok van 12 jaar gelede, en ook saam met Joe Gillingham die eerste sewesbokke uit Albertonkontrei, het die aand die hoogtepunt van sy rugbyloopbaan bereik.

In hierdie finale fase van ‘n roemryke loopbaan van 31 rugbytoetse vir die Springbokspan, het die geluk egter vir hom gedraai. Eers val sy Noordwes-span onder sy aanvoering met een punt uit die kwalifisering vir die Curriebeker Premierliga. Daarna word sy span as voorloper in die Eersteligareeks van die Curriebeker onverwags met 31-24 deur die Valke van Ekurhuleni (voorheen Oos-Rand/Oos-Transvaal) in die semi-finaal uitgeskakel.

Dis dieselfde Valke wat ‘n week vroeër deur die einste Noordwes met 29-50 oorrompel is. Ondanks hierdie onverwagse terugslae, kyk hierdie gevierde Springbok uit Albertonkontrei terug op ‘n roemryke rugbyloopbaan met ongeëwenaarde prestasies agter sy naam. In ‘n toekomstige artikel gaan die REKORD fokus op André se loopbaan van skitterende rugbyvertonings, by geleentheid van sy uittrede as aktiewe rugbyspeler soos hy aan die REKORD onthul het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button