Local sportSport

Feestelike boks by Oktoberfees

Opelug boks bring 12 opwindende gevegte op die planke

ALBERTON – Feestelike boks het plaasgevind by Hoërskool Alberton se Oktoberfees tydens ‘n goed-georganiseerde amateur boksfees aangebied deur Champs Boksklub, onder voorsitterskap van Pieter Strydom en onder-voorsitter Gert de Klerk.

Twaalf gevegte was op die planke, met verskeie boksers van die gasheerklub Champs Boksklub in aksie in die feestelike atmosfeer van opelug boks. Christopher Magoai, naaswenner van ‘n Randburg opelugtoernooi in September, tree as wenner uit die stryd in die 42kg gewigsgrens teen G Major van Umbilo. Peter Sam, ook naaswenner in Randburg, was hier weer naaswenner nadat hy in die 43kg kategorie die stryd tegnies gewonne moes gee teen I Adams van Booysens. DJ Adams klop nog ‘n Champs bokser, P Cronje, in die 43kg grens.

In die twee vernaamste gevegte op die program het twee gereelde toernooiwenners van Champs, Jonathan Sam teen B Nhabetse van JD klub en Sasha Theshner teen M Machete van Klipfontein, geseëvier.

In ander gevegte het Gift Pilane van Duppie du Plooy se Fighters Boksklub, wenner van ‘n titel op die Wêreld Amateur Bokskampioenskappe in Italië in 2012, vir Tshabalala van JD weggeblaas. Dit was ‘n pragvertoning en ‘n blink toekoms word vir Pilane voorspel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button