Local sportSport

Union klop Alberton

Union het met ‘n ongekende aanslag begin en die tuisspan moes hoeveel duikslae uitvoer en verdedig soos min

ALBERTON – Daar is net geen keer aan Union wanneer hulle teen A-Square Forklift Alberton te staan kom nie. In die Albertonstadion het Union met hul derde agtereenvolgende sege oor Alberton vorendag gekom, die tweede hierdie seisoen.

Union het met ‘n ongekende aanslag begin en die tuisspan moes hoeveel duikslae uitvoer en verdedig soos min, om die besoekers van hul doellyn weg te hou. So het halftyd aangebreek met Union voor 10-3, met slegs ‘n enkele strafskop deur Ryno Brits aan Alberton se kant.

Die tweede helfte was aanvanklik ‘n totale ander prentjie, met ‘n strafdoel van Union teen twee verdoelde drieë om A-Square Forklift Alberton met 17-13 te laat voorloop. Die strewe van Alberton om Union te kelder het egter kortgeskiet en nog 10 punte van die besoekers het die eindtelling op 17-27 te staan gebring.

Met die uitsondering van die eerstes en die derdes 0-43, was al drie die ander Albertonspanne aan die wenkant en wel soos volg:

Onder 21 wen 18-5, o.19 seëvier 22-17 en die tweedespan 10-7. Die eerstespan se puntemakers was Ryno Brits met sewe punte deur sy skopskoen en een drie elk van die agtsteman Ernst Kleynhans en veelsydige agterspeler Jonathan Reed.

Aan die skolefront was dit ‘n minder goeie dag vir Albertonskole, met Dinamika wat gestruikel het teen Bastion 19-39 en Marais Viljoen wat met 16-96 deur EG Jansen afgeransel is.

Volgende klubbepaling: Teen Randfontein tuis op 7 Junie. Skolewedstryde: Hoërskool Alberton op 7 Junie teen Randburg weg en op 14 Junie teen Dinamika op Hoërskool Alberton se veld die groot derby.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button