School sportSport

Skolerugby-oorsig

Hoërskool Albeton was gewikkel in 'n taai stryd teen Bastion, wat wipplank gery het.

ALBERTON – Hoërskool Alberton se taai tuiswedstryd teen sterk Bastion is opgevolg met kragmetings teen Riebeeckrand en Jan Viljoen voor Linden op Saterdag 31 Mei aangedurf word.

Albeton was gewikkel in ‘n taai stryd teen Bastion, wat wipplank gery het. Op Alberton se veld druk Bastion teen die verloop eerste om 7-0 voor te loop. Voorrystut Bongani Mahlangu het kort voor rustyd gaan druk om sake na die eerste helfte gelykop te maak, 7 elk nadat senter Brian Thysse verdoel. Bastion steek weer eerste die doellyn in die tweede helfte oor, voordat Bongani Mahlangu sy tweede drie druk wat Brian Thysse weer verdoel 14-elk.

Kort voor die eindfluitjie breek Bastion die Allies-ondersteuners se harte deur die wendrie te gaan druk om 19-14 te seëvier. Alberton se o.14 span wen 10-5, o.15 wen 20-0, o.16 was bobaas 29-5, maar die tweedes verloor 0-12.

Op dieselfde dag speel Hoërskool Marais Viljoen uit om ‘n plek in die Tuks-reeks op die LC de Villiers-stadion teen Centurion, met die uitslag 12-42 teen die Albertonskool se eerstespan.

Related Articles

Back to top button