Roodepoort-stryd ‘n rigtingwyser

Alberton se hoofafrigter Eddie Martheze is realisties oor wat hierdie jaar wag.

ALBERTON – OpP Saterdag 17 Mei is dit koers kry en koers hou vir Alberton, wanneer hul eerste Pirates Grootuitdaagliga-wegwedstryd op Roodepoort teen Roodepoort plaasvind.

‘n Nuwe uitsig op die toekoms flikker vir Alberton, wat met babatreë terugkeer om met die grotes te kan saamgesels. Vir Alberton se beswil moet die geskiedenis nou geskiedenis bly, veral die laaste drie jaar. Wat die verlede ook wys, is dat Alberton die laaste aantal seisoene meer as dikwels onsuksesvol teen Roodepoort was.

Ongelukkig is Roodepoort hierdie seisoen nie minder sterk as die vorige seisoene nie. Trouens, Roodepoort het hul krag gewys met hul naaswenner-plek by die SA Gemeenskapsbeker-kompetisie vir oop klubs. Hier is Roodepoort slegs een keer en wel in die finaal deur Rustenburg Impalas met 13-11 geklop.

Alberton se hoofafrigter Eddie Martheze is realisties oor wat hierdie jaar wag, en het in ‘n onderhoud met die REKORD dit onomwonde gestel dat “ons weet wat voorlê teen die grotes, maar teiken sekere wedstryde waar Alberton ‘n realistiese kans staan om met eer uit die stryd tree, maar gaan steeds teen die grotes (soos Roodepoort) ons alles gee.”

Exit mobile version