Leeus stappie nader aan Super Rugby

Goue Leeus nader aan Super Rugby seisoen.

DAT die Goue Leeus nog ‘n ver paadjie het om te stap voordat hy skeepsreg is vir die 2014 Super Rugby seisoen is ‘n voldwonge feit.

Die Leeus het wel met gemak sy twee opwarmingswedstryde teen ‘n span van Pukke en die Luiperds gewen, maar daar is nog onsekerhede oor sekere sleutelposisies en veral diepte onder die spelers se geledere.

Die twee opwarmingswedstryde het Vrydag 24 Januarie op die Barnard Stadion in Kempton Park plaasgevind.

Johan Ackermann, die Leeus se Hoofafrigter, het tydens die geleentheid al die spelers by die Leeus die kans gegun om hul staal te toon. In beide wedstryde is 28 spelers gebruik en speelkans gegee. “Ons het nodig om te sien waartoe die spelers in staat is en sal aan almal die speelkans te gee. Daar is ook sekere posisies wat nie baie diepte het nie en ons moet daarna kyk. Van die gereelde spelers het ook ruskans gekry.”

In die hoofwedstryd van die aand het die Leeus ‘n weghol-oorwinning van 52-14 oor die NWU/Pukke en Luiperds-span behaal. Die Leeus het agt drieë ingeryg.

Puma-leenspeler Stefan Watermeyer, wat op senter uitgedraf het, het met sy drie-kuns beïndruk. Hy het in die derde minuut van spel oorgedraf vir sy eerste drie. Courtnall Skosan het oomblikke later die Leeus se puntestand vergroot toe hy ook deurgegaan het vir sy drie.

Daarna het JW Jonker oorgeval en Watermeyer is deur vir sy tweede drie in die eerste helfde.

Losskakel Willie du Plessis was elke keer in die kol toe hy al vier die drieë verdoel het.

Die Leeus het die tweede helfde met ‘n 28-0 voorsprong begin, maar sake het vinning verander toe Gerhard Nortier oorgeval het vir die Luiperds en Tiaan Dorfling verdoel het.

Bees Roux het ook sy staal voorlangs getoon en sy bydrae was ook ‘n drie aan die Leeus se kant, met Ruaan Lerm wat vyf minute later deurgegaan en gedruk het.

Die Luiperds se senter, Sylvian Mahuza, het met tien minute se spel oor die laaste drie vir sy span gedruk.

Die Leeus het hierop geantwoord met ‘n drie van Lambert Groenewald en Watermeyer het sy drie-kuns minute daarna behaal.

In die eerste wedstryd van die aand het die Leeus die Luiperds met 31-24 in ‘n Vodacombeker opwarmingswedstryd verslaan.

Exit mobile version