Alberton rugby aan die gang

A-Square Forklift Alberton rugbyspanne is sterk aan die gang en ten volle gereed vir die nuwe seisoen wat voorlê.

ALBERTON – Tydens die eerste oefenaand waar die klub se nuwe hoofafrigters die oud-Springbok Kaya Molotlane en Lawrence Sephaka bekend gestel is en bekende atletiekman Les Archer as kondisioneringsafrigter aangekondig is, was daar reeds ongekende belangstelling met verlede seisoen se wenners van rugbytoekennings, Dean de Klerk en Ryno Hendrikz, onder die eerstes wat vir oefendiens aangemeld het. Huidige, nuwe en oudspelers is hartlik welkom om by die manne aan te sluit op die oefenaande op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 18:00 vir stiptelike afskop om 18:30. Bywoning van die oefensessies is noodsaaklik om Albertonspanne slaggereed te kry vir die Goue Leeus sewestoernooi wat op Saterdag 1 en Sondag 2 Maart by die Albertonstadion plaasvind. Die klub het verlede jaar by die sewestoernooi besonder goed presteer en sal graag die prestasies wil herhaal. Direk daarna neem Alberton Rugbyklub weer vir die eerste keer in byna sewe jaar aan die voorseisoen Assupolreeks vir klubs van die Noordelike streke deel, ‘n reeks waaraan Union gereeld die laaste aantal seisoene deelgeneem het. Assupolbepalings vir 5, 12 en 19 Maart is reeds vasgepen, met inval by die ligabepalings direk na die langnaweek in Maart. Danksy ruim ondersteuning van die borge A-square Forklift en assosiaat-borge Diligent Security, SI Group, NuPower Solar en Raceview Motors, kan spelers en ondersteuners uitsien na beslis een van die beste rugbyseisoene in jare. Manie Reyneke, voorsitter van Alberton Rugbyklub, bedank graag al die borge vir hul ongelooflike ondersteuning en verseker Alberton rugby ondersteuners dat die goeie tye van die verlede by die klub weer terug is.

Reward your sports star with the gift of relaxation. Visit HealthSpas.co.za to find a spa near you that offers sports massages.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version