Sport

Ou Motorskou

Die jaarlikse Ou Motorskou vind op Saterdag 8 Februarie by the NG Kerk Danie Theron op Eikenhof plaas.

JOHANNESBURG – Die skou duur van 08:00 tot 15:00. Talle stalletjies waar besoekers gedurende die dag iets kan koop, soos o.m. pannekoek, vetkoek en maalvleis, sosaties, prego-rolletjies en tuisgebak sal beskikbaar wees.

Daar sal ook speletjies, skyfskiet en ‘n wit olifant tafel wees. Koffie/tee en koeldranke sal te koop wees.

Kom geniet die dag en besigtig veteraan- en ou motors van weleer. Enige persoon kan ook sy ou of veteraanmotor inskryf.

Toegang is R10 per persoon en gratis vir laerskoolkinders en Ou Motor uitstallers.

Dames met motors kan ook pryse wen.

Stalletjies is beskikbaar vir R150 per stalletjie

Geen ander kosstalletjies is beskikbaar nie.

Vir meer inligting kontak Antoinette 082 898 2805 of Cecile: 082 3502027.

N1 Suid vanaf Pretoria – M1 Suid Johannesburg – R82 Ou Vereenigingweg, oor Swartkoppiesweg, verby Lido Hotel, oor Lenasia kruising +/- 1km, kerk op linkerkant, Plot 70A.

Van Germiston/Alberton neem Swartkoppies in ‘n westelike rigting, sowat 10 km van Brackenhurst, T aansluitng, draai links op R 82 +/- 2 km, kerk op die linkerkant, Plot 70A.

Related Articles

Back to top button