Local sportSport

Marais Viljoen se beste netbalspan van die jaar

Die beste netbalspan van die jaar in Alberton was ongetwyfeld Marais Viljoen se seƫvierende o.16 span.

ALBERTON – Die beste netbalspan van die jaar in Alberton was ongetwyfeld Marais Viljoen se seĆ«vierende o.16 span, met hul briljante tweede plek teen die einde van die jaar by ā€˜n internasionale toernooi in Kuala Lumpur, die hoofstad van MaleisiĆ«.

Sewe lande het aan die toernooi by die Bukit Jalil Sportskool (BJJS) in Kuala Lumpur deelgeneem. BJJS wen dan ook die toernooi, nadat hulle Marais Viljoen met 22-19 in die finaal geklop het.

Marais het in die kwarteindronde met Broenei en in die semi-finaal met Hongkong afgereken. Nog ā€˜n Gautengskool, Helpmekaar, eindig derde na hul 57-5 sege oor Hongkong.

Louise Hattingh was die spanbestuurder, met ā€˜n trotse Yolandi Dannhouser as die afrigter. Die span is aangevoer deur Nache Blume, met Beverley Moyake as die beste doelverdediger op die toernooi.

Cindy Basson, Tarien Steinberg, Zine Botes, Chante Rossouw, Korlea Nagel, Chrisna Wolmarans en Anita Takor was die ander lede van die toernooi se naaswenners.

Die span het uitstekende netbalervaring opgedoen, wat net goed voorspel vir die komende super 16-reeks en latere strawwe kompetisies deur die jaar.

Related Articles

Back to top button