Lukas is Alberton se eie rugbylegende

Lukas, wat gebore is op 16 Maart 1976, word in die rugbywêreld onthou as ‘n rugby-uitblinker met 13 toetse agter sy naam van 2001 tot 2003.

Tydens daardie geskiedkundige aand met die besoek van die rugbylegendes aan Alberton, danksy Laerskool Randhart se fondsinsamelingsaand, was een voorspeler ‘n rugbylegende met ‘n sterk Albertonverbintenis.

Die gevierde Springbok, Lukas Van Biljon, is trots daarop dat hy as juniorstoeier by Alberton Stoeiklub geleer stoei het.

Dan is Lukas boonop vandag ‘n sakeman met besigheidsbelange in Alberton, naamlik ‘n motorbesigheid in Alberton-Noord.

Hieronder tel vyf toetse teen die All Blacks, terwyl hy ook in die Springboktrui uitgedraf het teen die grootste rugbyspelende lande soos Australië, Engeland, Skotland en Frankryk.

Tydens ‘n gesprek met die Alberton REKORD tydens die aand van die rugbylegendes in Alberton, het Lukas en sy pa, André Van Biljon, lekker saamgesels oor sy internasionale rugbyloopbaan, asook sy verbintenis met Alberton.

Sy provinsiale rugby het hy hoofsaaklik in Noord-Vrystaat en Natal gespeel terwyl hy vandag nog die Vrystaatse Cheetahs ondersteun.

Exit mobile version