Sport

Beeldtrofee: So verander die stelsel

Die gesogte Beeldtrofeekompetisie, die groot fokus vir rugbyspelende skole in Alberton, gaan hierdie jaar effens verander.

ALBERTON – Die Noordvaal Hoërskole Rugbyvereniging het besluit om met die formule, wat in die verlede by skole seunsgetalle gevoeg is om ontwikkelende rugbyskole te akkommodeer, weg te doen.

“Daar was te veel probleme met die stelsel,” het Jackie Tredoux, voorsitter van Noordvaal, gesê.

“Ons het besluit om voorts met die skole se suiwer seunsgetalle te werk.”

Indien ‘n skool dus 175 seuns of minder het, sal hy aanstaande jaar in die kleinskole-afdeling speel. Skole met tussen 176 en 350 seuns sal as mediumskole meeding. Die met seunsgetalle van tussen 351-500 sal hul slag in die afdeling vir groot skole wys, terwyl skole met 600 of meer seuns as makroskole geklassifiseer sal word.”

Die kompetisie sal steeds voorsiening maak vir skole se tradisionele rugbykrag.

“Indien ‘n skool se rugbykrag baie swak is, kan hulle steeds aansoek doen by hul onderskeie hoërskole-rugbyverenigings om in ‘n laer afdeling deel te neem,“ het Tredoux gesê. Die vereniging sal dan met Noordvaal vergader om te besluit of hulle wel in die afdeling mag speel.

Die skole wat toegewing kry om as klein skole mee te ding, sal voorts in hul eie afdeling, klein skole 2, deelneem. Hulle sal nie teen die werklike klein skole (met minder as 175 seuns) speel nie.

Daar is ook besluit dat die o.16’s van 2014 af 30 minute aan ‘n kant sal speel en nie net 25 minute soos in die verlede nie. Die wysiging geld nie net vir die latere stadiums van die Beeldtrofee nie, maar dwarsdeur die ligaseisoen.

Related Articles

One Comment

  1. Die stelsel sal onder normale omstandighede werk, maar n skool soos Helmekaar KOOP absoluut hul spanne. Hulle sit dus met spanne wat driekwart uit Craven week spelers bestaan. Hulle neem nie aan die liga deel nie maar word outomaties n plek in die Goue Leeus semi finale GEGEE. Dit is DOOD EENVOUDIG ONGESOND. Normale skole se seuns speel die hele seisoen en gee alles net om dan by die eindstreep gestop te word. As die privaat skole dan so wil spanne KOOP moet hulle dan gedwing word om aan die sterker ligas deel te neem. Dit gaan hier beslis nie oor leeling getalle nie.

Back to top button