Leser bedank die RECORD vir goedvoelstorie

Dit was heerlik om Esmi Boucher se storie te lees - goeie nuus is tops.

Ek dreig nou al ’n geruime tyd om dankie te sê en vandag is die dag wat ek die pen en papier (as mens op dié manier na ’n epos kan verwys) nader trek.

Ek wil dankie sê aan Michael en Ester Boucher wat hulle verhaal oor wonderbaba Esmi met die RECORD se lesers gedeel het.

Natuurlik dan, ook dankie and die RECORD dat julle wel hierdie ongelooflike storie van hoop met ons almal gedeel het.

Ek wens die Boucher gesin met hul klein Esmi ’n wonderlike lewe en geseënde toekoms.

Mag julle as gesin net liefde, vreugde, geluk en vrede ervaar met baie spesiale oomblikke vol lag wat julle as kosbare herinneringe sal kan bewaar.

Ek weet nie van ander lesers nie, maar dit het my hart goed gedoen om weer goeie nuus te lees in ’n tyd waar ons so gebombardeer word met moord en doodslag, korrupsie, geweld in ons skole en die lys kan aangaan.

Hierdie verhaal was vir my ’n kosbare verhaal en ek sê nogmaals dankie. Kortom, dit was heerlik om Esmi se storie te lees – goeie nuus is en bly tops.

Gelukkige RECORD leser

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Exit mobile version