LettersOpinion

Dankie dat julle hierdie droom kon bewaarheid

Isabel Beyers sê dankie.

Daar is niks lekkerder as om ’n minderbevoorregte persoon te verras met iets wat hulle nie verwag nie.

Jodean Bezuidenhout van Mathgro Institute for Maths Research het ons genader om ’n matriekleerder te help matriekafskeid toe gaan. Jodean werk daagliks met kinders en sy het gesien dat daar by van hulle ’n groot behoefte is. Sy het toe met ’n projek begin waar sy die gemeenskap nader vir skenkings vir een van die dogters.

Van haar naels tot haar uitrusting was alles geborg. As eienaar van Two Hearts Salon het ek ingespring en ander vriendinne en kollegas gekry om ook te help met borge vir die meisie.

Ek voel net dat dit ’n spesiale geleentheid is en nie almal kan dit bekostig om matriekafskeid toe te gaan nie. Ek wil net dankie sê aan Celeste van Two Hearts Salon, Sarah Clarke van Velvet Vixen, Schane van Make-Up by Schane, Dima van Just D Hair en ook aan die anonieme persoon wat haar handsak en skoene geborg het.

Te danke aan julle almal kon die meisie mooi gelyk het en ook haar matriekafskeid gevier het. Ek sou dit nie sonder julle kon doen nie.

Isabel Beyers – New Redruth

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

 
Back to top button