LettersOpinion

Huurders het ook regte

Jy gaan mense kry wat nie betaal nie of wat jou plek verniel, maar dit is nie te sê almal is so nie.

Ek is ’n huurder en het onlangs ’n onderonsie met ’n verhuurder gehad. Ek sal graag die voorval wil deel en hoop daar is ander huurders wat dalk ook sal inskryf, want ons as huurders het ook regte.

Daar is daar baie mense wat woonstelle uitverhuur en eintlik meer huur vra as wat hulle moet. Ou foto’s word gebruik om die woonstel te adverteer en as mens daar kom dan lyk die plek eintlik sleg.

Eerstens is van die plekke baie duur om te huur en dan praat ek nie eers nie van die deposito nie.

Ek het ’n 12-maande kontrak geteken en aan die begin het dinge heel glad verloop. Ons is ’n gesin van vier en ons rook nie. Wanneer ons familie of vriende oorkry wat wel rook, en dit buite doen, is daar ’n probleem.

Die een keer het my vrou ons kos gebrand en toe kry ons ’n waarskuwing oor die reuk. Ek meen hoe belaglik is dit.

Ek glo altyd dat daar drie kante van ’n storie is, maar ek wil graag aan die verhuurders of mense wat iemand aanstel om namens hulle te verhuur net sê, hoewel ons huur het ons steeds ons regte. Ek praat van privaatheid.

Jy gaan mense kry wat nie betaal nie of wat jou plek verniel, maar dit is nie te sê almal is so nie. Moet liefs nie mense soos kriminele behandel as hulle nie is nie.

Dit wil vir my voorkom dat meeste van die eienaars van die woonstelle nie regtig weet wat hulle verhuurder doen nie. En om die eienaar se nommer van die verhuurder te kry is ’n onbegonne taak.

Ons is nou al twee weke weg, maar dit bly by my want ek kan nie verduidelik watse traumatiese gebeurtenis hierdie eintlik was nie.

Anoniem – South Crest

Lees Ook:

Medical expenses are too high

Unemployment a sad excuse

Women should realise their real worth

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button