LettersOpinion

Dawie Botma tree af

Dit is nou tyd vir Dawie en Edelweiss om te rus en te ontspan.

Is dit waar? Ja dit is! Hy is nie onstuitbaar nie maar net menslik en nou, namate die jare aanstap, kom die menslike element al hoe meer na vore.

Hy is fisies verplig om af te skaal saam met sy eggenote, Edelweiss. Beide van hulle het Alberton goed gedien op verskeie terreine, en Albertonners wat hulle goed ken sal hulle mis vir hul groot bydrae tot kultuur, besigheid en later bejaardesorg.

Dawie Botma, as mens, was soms ’n dwarsgat wat blykbaar ’n goeie argument just for the sake of an argument gevoer het.

Maar bo alles was hy vir die inwoners van die Alberton Aftree-Oord ’n mense-mens wat na inwoners se griewe geluister en probeer help het. Vir die besonderse rede het ek hom as ’n besonderse bate beskou.

Tyd bring verandering en veral bejaardes vind dit moeilik om by veranderinge aan te pas, en daarom is dit groot uitdaging vir diegene wat met bejaardes werk om altyd met hulle te kommunikeer, en juis daar het jy ’n mense-mens nodig, en daarmee was Dawie goed.

Dan kom ons by Dawie die baas van die plaas. Hy het nooit pligte en verantwoordelikhede gedelegeer nie. Reg of verkeerd, jy moes altyd op jou tone bly om aan sy vereistes te voldoen, maar sy kom en gaan sou jy nooit kon ignoreer nie.

Maar nou is dit tyd om te rus. So Dawie, gaan sit nou maar in jou nuwe hoekie saam met vroulief Edelweiss, en los nou maar die toekoms se probleme vir ’n volgende geslag – en om hemelsnaam raak rustig!

Johann van der Merwe – ’n baie getroue vriend

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button