LettersOpinion

Die Alberton Mannekoor sê “Dankie”

Daar was weer mooi hoogtepunte en jul ondersteuning beteken vir ons baie.

Ek kan nie glo ons is alweer aan die einde van nog ‘n jaar nie.

Ek wil graag dankie sê vir die Alberton RECORD vir jul gereelde plasings van al ons optredes gedurende 2017. Ons waardeer jul bydrae en dat dit nooit moeite was om dit vir ons te doen nie.

Elke gemeente landswyd wat ons so goed ondersteun het tydens 2017, baie baie dankie. Daar was weer mooi hoogtepunte en jul ondersteuning beteken vir ons baie.

André Esterhuyse en Ida Strydom, ‘n besonderse dankie aan julle wat ‘n groot bydrae gelewer het om die Albertonse Mannekoor in staat te stel om al hul optredes te kon afhandel.

Die Mannekoor Kerssangdienste was reeds vooruit bespreek vir die jaar. Ons is regtig baie dankbaar dat julle julself beskikbaar gestel het toe Bennie Bierman weens gesondheidsredes nie meer beskikbaar was. Bennie en Kia ons wens jul sterkte toe met die herstelpad.

Die lede van die Mannekoor, baie dankie vir elke optrede wat julle so suksesvol behartig het. Julle moet ook goed uitrus en in 2018 begin ons weer met nuwe uitdagings.

Ons benodig ook koorlede. Indien daar enigiemand is wat belangstel daarin om aan die begin van 2018 by die koor aan te sluit, kontak asseblief vir Rienie op 083 232 0359.

Ons wens al ons ondersteuners ‘n Geseënde Kersfees toe. Mag die Here jul ryklik seën. As jy nog nie weet wat om vir Kersfees vir jou geliefdes te gee, kan jy gerus ons nuwe CD aankoop.

Mannekoor Groete – Rienie Venter

Lees Ook:

Paassangdienste met Alberton Mannekoor

Mannekoor beplan groot fees

Mannekoor bied ‘n fees aan

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button