LettersOpinion

‘n Duur oomblik van nalatigheid

Wees altyd bewus van wat jy doen en maak seker jy het jou geld in jou beursie voor jy enigiets anders doen.

Graag wil ek ‘n “nalatige insident” met die RECORD se lesers deel en sodoende ander mense bewus maak van moontlike geldelike verlies.

Op Sondag, 26 Februarie, om 13:38 trek ek geld by ‘n ABSA ATM in Lemontree Centre, Alberton.

So sleutel ek my opsies in en onttrek R1 500. My bankkaart kom uit die ATM en ek sit dit terug en kies die ‘NO’ opsie vir ‘ n kwitansie.

Een van my ander kaarte val uit my beursie, ek tel dit op, sit dit terug in my beursie en druk dit vas met ‘n “kruis-skyfspeld” as voorsorg omdat ek alreeds kaarte uit my beursie verloor het.

Daardie oomblik van ‘distraction’ kos my R1 500 want ek maak my beursie toe, sit dit terug in my handsak en stap weg. Onbewustelik los ek die geld net daar in die ATM.

Ek hoop die persoon wat dit gekry het, is iemand wat dit werklik brood nodig gehad het en wat deur God’s genade na my by die ATM was.

My boodskap dus: Wees altyd bewus van wat jy doen en maak seker jy sluit die transaksie finaal af met die geld in jou beursie voor jy enigiets anders doen.

Sodoende sal jy nie duur betaal vir ‘n oomblik van ‘distraction’ soos wat ek oorgekom het.

Wees altyd bewus van dit wat om jou aangaan maar ook van dit wat jy doen.

JJ

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button