Trok pomp inhoud in stroom in

Dit sal verseker die water in die spruit en alles wat daarin is besmet.

Ek het nou al twee keer gesien dat ’n trok wat lyk soos dié wat septiese tenks leegmaak sy inhoud laat uitloop in die spruit wat langs die pad vanaf die Leondale rigting na Alberton loop.

Daar is juis ’n tekort aan water en om hierdie inhoud in die spruit te laat inloop maak nie sin nie. Dit sal verseker die water in die spruit en alles wat daarin is besmet.

Ek sal graag meer wil weet oor wat hier aangaan, want dit lyk nie goed om so iets te sien nie.

Stephanie

Die RECORD het ook ’n oproep ontvang van ’n inwoner wat onsteld was toe hy gesien het hoe water vanuit ’n stroom in ’n trok se tenk gepomp word. “Dis teen die wet en ons kan dit wragtig nie bekostig nie, aangesien ons klaar ’n water tekort het,” het die man, wat anoniem wil bly, gesê.

RECORD het die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gekontak vir kommentaar, maar hulle het nie op ons navrae gereageer nie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version