LettersOpinion

E-toll boetes is onwettig

VOLGENS Artikel 33 van die Grondwet het almal die reg tot administratiewe reëls wat wettig, redelik en proseduurlik regverdig is. Die minister kan wetgewing publiseer vir publieke kommentaar in die Staatskoerant en welke kommentaar moet dan binne vier weke na publikasie geskied. In hierdie geval is voorgestelde wetgewing op 7 Desember 2015 gepubliseer. Die Hooggeregshof …

VOLGENS Artikel 33 van die Grondwet het almal die reg tot administratiewe reëls wat wettig, redelik en proseduurlik regverdig is.

Die minister kan wetgewing publiseer vir publieke kommentaar in die Staatskoerant en welke kommentaar moet dan binne vier weke na publikasie geskied. In hierdie geval is voorgestelde wetgewing op 7 Desember 2015 gepubliseer.

Die Hooggeregshof is in reses gedurende hierdie tydperk wat die regsproses onmoontlik maak en geen ter syde stel van voorgestelde wetgewing kan dus plaasvind nie.

Boonop moet daar eers parlimentêre besprekings oor wysigings wees en dan moet daar met die publiek samesprekings gevoer word om menings te bepaal voordat wysiging gepubliseer kan word.

Dit is hoe die Padverkeerswet 93 van 1966 staan onder die wysing van wet of regulasies wat dus reeds dui op onregverdighede.

Nou kom vervolging vir oortredings van die Padverkeerswet in terme van die Strafproseswet 51 van 1971. Die Artikel 341 kennisgewings wat per pos gestuur word, moet binne 30 dae na die beweerde oortreding plaasgevind het, gestuur word. Indien die oortreder nie die skulderkenning betaal nie moet hy/sy ingevolge Artikel 54 van die Strafproseswet vervolg word.

Dié artikel bepaal dat die dagvaarding deur die klerk van die hof uitgereik is, deur ’n vredesbeampte of persoon wat deur die betrokke landdros aangestel is, by die oortreder se woon- of werksadres beteken moet word, aan die beskuldigde of iemand wat oor die ouderdom van 16 jaar is.

Met die AARTO wetgewing het die kennisgewing van vervolging verander na per geregistreerde pos, wat hulle nie doen nie, want dit word steeds per gewone pos gestuur en met die poskantoorwerkers wat staak, en die onbevoegdheid van die poskantoor ontvang oortreders nie kennisgewings nie.

Indien hy dit wel ontvang is daar geen bewys dat dit in ontvangs geneem is nie.

In my geval laas week toe ek ’n lisensie wou hernu is daar dan hierdie lys van oortredings en boetes. Huidiglik is die aansoeker nog nie verplig om die boete te betaal nie. ENATIS sal dit voorskryf vanaf 1 April 2016.

Ek moes egter verkeersboetes betaal wat ek nooit ontvang het nie en het selfs ’n probleem gehad met van ons voertuie se lisensies wat verkeerd was.

Wat dan nou van die e-toll rekeninge wat hulle by die transaksies wil byvoeg?

Die Padverkeerswet 93 van 96 bepaal dat boetes eers betaal moet word voordat ’n nuwe transaksie kan voortgaan.

Dit is waar die probleem met e-toll begin want e-toll is nie ’n wet op sy eie nie; dit is nie deel van die Padverkeerswet nie, so hoe kan die regering dit toepas en onder watter wet wil hulle dit toepas? Dit kan mos onmoontlik wetlik aanvaarbaar wees dat padverbruikers moet betaal vir iets wat nie wet is nie? Ek vra maar net.

Om mee te begin is dit volgens Artikel 33 nie proseduurlik korrek en nie administratiewelik regverdig om wysigings te publiseer op 7 Desember 2015 wanneer die meeste landsburgers met verlof is en nie toegang het tot hierdie leesstof nie.

Kan iemand wat meer weet asseblief vir my lig op die onderwerp skyn.

Essie Esterhuizen

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button