LettersOpinion

Margaret, ek gaan jou mis

Ons neem afskeid van ons geliefde Margaret Viljoen (59) wat op 19 Oktober, die stryd teen kanker verloor het.

ALBERTON- Ons neem afskeid van ons geliefde Margaret Viljoen (59) wat op 19 Oktober, die stryd teen kanker verloor het.

Margaret was ’n liefdevolle mens wat haar laaste vir iemand anders sou gee. Sy was ’n ‘saint’ en my lewensmaat wat my in alles deur die jare ondersteun het. Ek is platgeslaan en gaan haar innig mis.

Ek wil graag ons familie, vriende, bure, Schalk en Liza Schoombie bedank vir hulle gebede en ondersteuning.

Ook groot dank aan AVBOB wat al die sake gerëel het en Hospice wat so mooi na haar gekyk het en my moed ingepraat het. ’n Spesiale dankie aan Margaret se drie vriendinne Hannetjie Changuin, Marinda du Randt, Elize Hopley en haar niggie Karen de Waal, wat tot op die laaste saam met ons was. Met die genade van Bo sal ons hier deurkom.

André Viljoen

Thumbs up for AVBOB Alberton

Sharon found comfort and dignity at Hospice

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button