LettersOpinion

Fox Sekuriteit is tops

Mari Venter van Mayberry Park bedank Fox Sekuriteit.

ALBERTON-Ek wil net graag baie dankie sê aan Pierre, Anita en Andrée van Fox Sekuriteit vir al hulle hulp op 7 Oktober.

Ek het laat gewerk en was oppad huis toe, my ma was ook laat uit. Toe ek naby my huis kom sien ek daar staan ’n ou wit Fiat Uno in die pad geparkeer voor my hek. Die motor het ’n sateliet installasie advertensie opgehad en ’n man het in die motor gesit met sy deur effens oop. Ek het verby gery en gesoek na ’n patrollie voertuig van enige sekuriteit maatskappy.

Ek het ’n Fox Sekuriteit bord gesien en die nommer geskakel. Ek is nie ’n kliënt van hul nie, maar dit het nie vir hulle saak gemaak nie, hulle het my veiligheid eerste gestel en was meer as bereid om my by te staan.

Ek het die voertuig aan Anita beskryf asook die nommerplaat gegee. Binne minute het ’n voertuig gekom en die man verjaag, hy het gesê hy wag vir mense wat besig is met ’n installasie, maar die huis oorkant was gesluit en net die stoeplig het gebrand. Hy het skielik die pad gevat. Pierre van Fox Sekuriteit was baie gaaf en het gesorg dat ons veilig in ons erf is voordat hy ’n paar keer deur die area gery het om seker te maak dat die man weg is.

Baie dankie Fox Sekuriteit.

Mari Venter, Mayberry Park

Lees gerus hoe FOX ‘n pensionaris bygestaan het

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button