LettersOpinion

Ons wil dankie sê

Ons wil almal bedank vir hulle belangstelling

ALBERTON – Dit was die wil van ons Skepper van die hemel en aarde om ons geliefde eggenoot, pappa en oupa van ons af weg te neem.

Richard Leo is op Maandag, 31 Augustus, op die ouderdom van 76 jaar oorlede. Sy plek is leeg en sy stem is stil, maar dit was God se wil. Hy word betreur deur Isabel, Ansurie en Anrich.

Ons wil graag vir almal dankie sê vir hulle belangstelling gedurende die tyd. Dankie vir al die gebede, vertroostende woorde, kaartjies, ruikers en verversings wat by die huis voorsien is asook die bywoning van die diens en die laaste eerbewys by die graf.

Ons sal Richard altyd onthou vir sy pittige stories en sy liefde vir mooi musiek.

Leo familie

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button