Totsiens oom Stein

Dit is met seer harte dat Leon Steinhöbel (64) se familie, vriende en kollegas van hom afskeid neem. Stein is na agt weke in die hospitaal op 25 Augustus oorlede.

ALBERTON- Dit is met seer harte dat Leon Steinhöbel (64) se familie, vriende en kollegas van hom afskeid neem.

Stein, soos hy alom bekend is, was die afgelope agt weke in die hospitaal en is op 25 Augustus oorlede.

Stein is in Alberton gebore en was ’n bekende in rugbykringe. Hy werk al agt jaar as faktotum by Laerskool Randhart en sal baie gemis word deur die onderwysers en leerlinge. Stein het voorheen vir die Alberton munisipaliteit gewerk.

Die gemeenskap van Alberton sal Leon Steinhöbel altyd onthou as ’n beskeie, vriendelike en liefdevolle man.

Stein word oorleef deur sy seun, Leon, en dogter, Leatitia.

Die Alberton LewenSentrum sal binnekort die begrafnisreëlings bekend maak.

Laerskool Randhart

Verwante artikels:

Best u.20 rugby team

Exit mobile version