LettersOpinion

Alberton se ondersteuning gee nuwe hoop

Na baie bedrywighede van die Alberton Mannekoor die afgelope maande is ons nou aan die einde van beide en ons wil hiermee dan ook dankie sê.

Ons Hospice kruiwa-projek was ‘n reuse sukses. Ons wil die publiek en die koerant hartlik bedank vir hul ondersteuning in die projek, wat ons instaat gestel het om nuwe beddens vir Stepping Stone Hospice in Alberton aan te skaf.

Jul bydrae en positiewe gesindheid teenoor die Hospice was verstommend.

Die getuienis van kankerlyers en familielede wat geliefdes verloor het, as gevolg van kanker, was regtig bemoedigend. Wat ‘n groot voorreg om deel te kon wees van die projek. Ons dames van die manne in die koor, sal beslis in 2016 onsself weer tot die projek verbind. Baie dankie aan elkeen wat ‘n kaartjie gekoop het.

So ook ons jeugtalentfees en wat ‘n fantastiese konsert was dit nie. Mense wat dit gemis het, het beslis baie gemis. Baie dankie aan elkeen wat dit bygewoon het.

Die opkomende jong kunstenaars gee mens weer nuwe hoop vir die toekoms van musiek.

Sergio Zampolli was ‘n meester op sy gebied en het die gehoor omtrent op hul voete gehad. Die Cantare Kinderkoor het soos gewoonlik hul heel beste vertoning gelewer.

Alberton, jul kan trots wees op hierdie jong talent in julle omgewing.

Wat ‘n besonderse voorreg vir die Alberton Mannekoor om hul mooi aand, waar hul ook natuurlik hulself goed van hul taak gekwyt het, met sulke talentvolle jongmense te kon deel. Dankie vir die Mannekoor wat ook die jongmense die geleentheid gegee het om hul gawes en talente na hartelus te kon uitleef.

Rienie Venter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button