Welkom by Klipkoppiefees 2015

Vanjaar is die Klipkoppiefees 10 jaar oud en dit is die grootste Klipkoppiefees nog. Daarom hoop ons dat julle net soveel pret en plesier gaan hê as wat ons gehad het om hierdie fees te organiseer.

ALBERTON – Die doel van die Klipkoppiefees het deur al die jare ‘n konstante faktor gebly. Alle gelde wat ingesamel word, word teruggeploeg in die gemeenskap. Geeneen van die organiseerders verdien ‘n sent salaris of kommissie nie.

Verskeie organisasies vind baat by die geleentheid. Die Ligstad-gemeenskapsprojek is by verre die grootste begunstigde organisasie. Dit is vir ons ‘n voorreg om in vennootskap met Ligstad te mag wees, want ons glo hulle doen uitstekende werk in ons gemeenskap. Ander begunstigdes is die NG Kerk Alberton-Wes, Christelike Maatskaplike Raad en Abraham Kriel Kinderhuuis.

Maar die fees sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van verskeie borge wat ons goedgesind is nie. Veral verskeie media-vennote wat uit hul pad gaan om die Klipkoppiefees te bemark. Wat ‘n voorreg om met al ons vriende te kon saamwerk.

Ons het hard probeer om julle die grootste verskeidenheid uitstallers te bied. Van motorhandel tot handgemaakte artikels, die kosstalletjies wat verseker dat jy nie honger of dors sal ly nie, is spesiaal uitgesoek om ‘n verskeidenheid te bring.

En moenie die buitelug-aktiwiteite vergeet nie. Van pretloop tot skyfskiet tot 4×4.

Klipkoppie is enige 4×4-eienaar se droom, van beginner tot ervare bestuurders kan hulself by enige van die drie bane geniet. En dan het die 4×4 skattejagroete tot bo op die berg die pragtigste uitsig van Vereeniging tot in Kempton en nog verder. Bitter min mense het die voorreg om hierdie unieke uitsig op die Johannesburg horisonlyn te aanskou.

Kom geniet die kunstenaars saam met jou familie.

Dit is die doel van Klipkoppiefees. Om gesins-en familiebande te bou op ‘n stukkie paradys in die hart van Alberton.

Laastes baie dankie vir die volgende borge: Caxton Local Newspapers (plaaslike koerante wat die Alberton Record insluit), Aqunita, Lekkeslaap, Raceview Motors, Jimmy’s Sauces, Beeld, Lambson’s Hire, Computicket, 92.9 fm Oos-Rand Stereo, Barloworld Ford Alberton, Trio Events.

Geniet die Klipkoppiefees 2015 saam met ons!

Leopold Dussing, voorsitter Klipkoppiefees 2015.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version