LettersOpinion

King B genooi om CMR te ontmoet

Ek bedank graag vir King B vir sy brief in verband met die 'Committed to Care Gift Voucers' - “Boemelaars is ook mense”

Uit die aard van die werk wat ons vir die laaste 30 jaar in Alberton doen, is ‘n veralgemening gemaak. Ek is jammer dat King B voel dat hy oor dieselfde kam geskeer word as ander.

King B voel dat hy nie die Maatskaplike Werkers van CMR Alberton ken nie, en daarom rig ons ‘n baie hartlike uitnodiging aan hom om ons by ons kantoor te kom ontmoet. Ons deure staan oop vir enigiemand wat om hulp kom aanklop en ons diskrimineer nie. Al wanneer ons mense nie kan help nie, is wanneer hulle buite ons area woon, waarna ons hulle wel na ‘n organisasie verwys wat in hulle area diens doen.

Ons het sekere mense wat op straat lewe wat ons gereeld kom besoek, hetsy vir kos, klere, komberse of net om van ons stort gebruik te kom maak.

Ons wys egter mense weg wat onder die invloed van drank en/of ander middels is, en vra dat hulle sal terugkeer wanneer hulle nugter is aangesien van ons personeellede al aangeval is.

Hoewel die maatskaplike werkers van die CMR nie self op straat woon nie, stel ons opleiding en ondervinding ons in staat om die haweloses wat ons besoek, te verstaan en ons is deeglik bewus van die uitdagings daaraan verbonde om nie ‘n dak oor jou kop te hê nie. Daarom gaan ons ook uit ons pad om akkomodasie vir haweloses te probeer kry (in skuilings), met verskeie grade van sukses.

Ek hoop dit stel u gerus en ons sien uit daarna om u te ontmoet.

Ankia – namens CMR Alberton

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button