Rus in vrede, Lucia.

Mev Lucia Erasmus is op 31 Desember aan 'n hartaanval oorlede en word baie gemis deur familie en vriende.

DIT is met tere herinneringe dat ons as familie aan ons moeder, vrou, en ouma, Lucia Magrieta Erasmus dink.

Lucia is op 31 Desember in die ouderdom van 83 oorlede aan ‘n hartaanval.

Sy was ons steunpillaar en staatmaker en ons mis haar geweldig. Ons sal Lucia onthou as ‘n vriendelike, liefdevolle mens met ‘n groot vriendekring. Sy het gereeld geselsies aangeknoop met vreemdelinge en vinnig vriende gemaak.

Lucia was n bobaas kok en kon die mooiste klere maak, ‘n regte raakvatter. Sy was ‘n wonderlike vrou, ‘n goeie ma, ‘n liefdevolle ouma en vriendin.

Die dae is net nie dieselfde sonder haar nie en ons sal haar nooit vergeet nie.

Oom Japie en die familie wil graag almal bedank vir hulle bystand en spesiaal vir Lauren Bosman van AVBOB.

Jaap en Lucia Erasmus was vir 64 jaar getroud en het vyf dogters, 13 kleinkinders en twee agter-kleinkinders. Vir meer inligting, bel gerus vir oom Japie Erasmus by 076 754 9842.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version