LettersOpinion

Ondersoek behoort afskrikmiddel te wees vir bedrog

Dit is belangrik dat daar ‘n voorbeeld gemaak word van ‘n “accounting officer” van ‘n groot Metropolitaanse Munisipaliteit reken raadslid Estelle Visser.

Bedrog is onaanvaarbaar, afgesien van die person of die omstandighede, dus verwelkom die DA enige stappe om bedrog en korrupsie oral en ten alle tye te beveg, so ook in EMM.

Verder is dit belangrik dat daar ‘n voorbeeld gemaak word van ‘n “accounting officer” van ‘n groot Metropolitaanse Munisipaliteit wat ‘n hoogsbesoldigde amptenaar is, indien hy skuldig bevind word.

Hierdie ondersoek behoort as afskrikmiddel te dien vir amptenare wat betrokke is by bedrog, korrupsie, onreëlmatighede, geldvermorsing en onverantwoordelike openbare geldbestuur op alle vlakke in alle munisipaliteite. Belangrik is die feit dat daar ook baie eerlike en hardwerkende amptenare is wat hierdie Metro dra en vir wie die DA hulle hoed afhaal! ‘n Opregte woord aan die sulkes!

Estelle Visser, Demokratiese Alliansie Raadslid Wyk 38, Ekurhuleni metro (082 572 1462 / 011 869 6654 / estellev@absamail.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button