LettersOpinion

SASSA lewenssertifisering ondeurdag

Dit gaan tot ongelooflike vertragings en opeenhoping by betaalpunte by die SASSA lewenssertifisering lei.

Dit is my persoonlike mening dat as daar enigiets is wat op ‘n katastrofiese ramp afstuur, is dit die sogenaamde lewenssertifisering van SASSA.

Al die pensionarisse gaan wag totdat hulle by die SASSA betaalpunt kom voordat hulle die oproep maak. Al die ander persone in die ry moet ‘n geruime tyd wag totdat die bejaarde uiteindelik sy inligting gegee het.

Dit gaan tot ongelooflike vertragings en opeenhoping by betaalpunte lei. Ek kan my kop op ‘n blok sit dat min bejaardes besef hulle kan, voordat hulle by die betaalpunt aankom, die oproep maak om tyd te bespaar.

Hoe gaan SASSA dit keer of daarvan weet indien ‘n bejaarde aangehou word met ‘n mes of pistool of wat ook al teen sy kop terwyl die sertifiseringsoproep gemaak word. Wie kan enigiemand dan keer om doodeenvoudig die SASSA-kaart te neem, die bejaarde te dwing om sy pin nommer te gee en “wala”, Bob’s your uncle.

Wat gebeur nou as die bejaarde geskakel het en oppad is om vir een of ander rede te sterf. Hoe gaan Sassa dit weet? Iemand anders kan doodeenvoudig voortgaan om onmiddellik hierna nog daardie maand se geld te trek.

Die hele proses is ondeurdag en so deursigtig. Wat ‘n klug.

Golden oldie

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button