Alberton is nie meer veilig nie

'n Inwoner van Alberton vertel hoe gevaarlik dit kan wees om deur Alberton te stap.

Ek wil net graag onder julle aandag bring hoe gevaarlik dit deesdae geword het om in Alberton te loop.

Ek loop elke dag van Brandtstraat, South Crest, na Laerskool Generaal Alberts om my kinders by die skool te kry.

By die robot by Apple Tree gee die mense nie om oor die voetgangers nie, al is dit rooi vir hulle sal hulle nog steeds net ry. Van dié wat stop, stop so ver oor die wit lyne dat ek letterlik in die aankomende verkeer moet loop om oor te kan kom.

As jy iets sê dan word jy van alle kante af gevloek. Ken die mense nie die padreëls nie?

Die sypaadjie by die Boma is so oorgroei en takke lê orals dat ek my doodskaam om in die straat te loop. Die mense ry so vinnig daar dat ek moet spring, anders is ek in die moelikheid.

Die karre sal ook net hulle toeters blaas en my vloek omdat ek in die straat loop. Daar is geen ander opsie vir my nie.

Om deur die Boulevard te loop is net so erg. Dis net rommel oral en karre op die sypaadjie. Van die metro-werkers hou daarvan om op die sypaadjie oorkant die kerk te lê en slaap.

Ellen

Exit mobile version