Nea my vriendin, my sussie

Nea Fourie se vriendin sê vir haar totsiens na sy haar lewe verloor het in 'n fratsongeluk.

Vandag is maar net so ‘n hartseer dag soos die dag wat ek gehoor het liewe Jesus het jou kom haal, elke dag is ‘n nuwe aanpassing om voort te kan leef sonder jou hier saam ons almal wat jou lief gehad het.

Jy was voorwaar ‘n vriendin in ‘n miljoen gewees, jy het altyd mense laat glimlag sonder moeite. Jy het maklik in- en aangepas by ander, waar jy altyd ‘n voorbeeld vir ander was, jou lewenspad op aarde was kort gewees en jou doel op aarde is bereik.

Jy het in die tydjie wat jy hier was ‘n baie groot verskil gemaak in my lewe en in ander s’n. Jy het vinnig vriende gemaak en jy het altyd geglimlag. As ek jou gevra het hoe dit gaan, het jy altyd gesê gaan maar aan, die lewe staan mos vir niks stil nie.

Maar my vriendin, die lewe het gevoel of dit tot stilstand gekom het op 4 Januarie toe liewe Jesus een van sy mooiste blomme kom pluk het om in Sy tuin te laat groei, jy was my vriendin gewees vir wie ek baie lief geraak het en vir wie ek baie na opgekyk het.

Maar ek besef nou dat jy in ‘n baie beter plek is waar jy vandag is, en waar jy na elkeen van jou geliefdes kan omsien, jy mag dalk nie hier saam ons wees nie, maar jy sal vir altyd in ons harte bly.

The times we had to spend with you, are worth the memories you left us with. Gone but never forgotten. Lief vir jou altyd my maaitjie.

Chane Cilliers

Exit mobile version