LettersOpinion

Julle is die beste

‘n Groot dankie aan “Hair and beauty specialist” in Verwoerdpark! Die drie dames, Karen en die twee Michelle’e het my dogter se droom na 12 jaar verwesenlik. Hulle het twee pragtige maar uiteenlopende hairstyle in ‘n paar dae geskep. Haar eie matriekafskeid was streng formeel en hoewel haar hare reeds om 08:00 gedoen was, het …

‘n Groot dankie aan “Hair and beauty specialist” in Verwoerdpark! Die drie dames, Karen en die twee Michelle’e het my dogter se droom na 12 jaar verwesenlik.

Hulle het twee pragtige maar uiteenlopende hairstyle in ‘n paar dae geskep. Haar eie matriekafskeid was streng formeel en hoewel haar hare reeds om 08:00 gedoen was, het sy steeds fantasties gelyk Saterdagaand om 19:00. Haar metgesel se matriekafskeid was minder formeel en so ook haar drag en haarstyl. Dit was ‘n spanpoging omdat die kind na Potchefstroom moes reis vir haar funksie en van Potchefstroom vir sy funksie – en dit gedurende die rekordeksamen.

Julle is ‘n span duisend! Probeer hulle gerus!

Rentia Wilkinson, Verwoerdpark

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button