Alle simpatie aan die verhuurder

Hoekom mag huurders doen net wat hulle wil, al was daar 'n kontrak, en daarmee wegkom?

Na aanleiding van die artikel “Geskok met voorblad as Alberton verhuurder” – My simpatie is by Hardgebak en alle verhuurders.

Daar is ‘n hele paar insidente wat ek van weet wat een besondere agent, wat verhuuring doen, al deur gemaak het.

Mense huur die plekke en wanneer hulle nie kan of wil betaal nie , soek hulle na allerhande verskonings. Bv. Wanneer betaal tyd kom, is of die swembad pomp foutief, of die motorhek werk nie, en die storie is altyd, dat hulle nie gaan betaal voordat dit herstel is nie.

Hulle laat ook die plekke in haglike toestande. Vandaliseer die huis. Een huurder het die swembadwater laat swart word, en eis toe vergoeding omdat hulle ‘n nuwe “kreepy” moes koop, wat die verhuurings agent nie van in kennis gestel was nie.

Die sekere agent moes al self die honde bolle in die werf gaan optel het, voordat ander potensi?le huurders soontoe geneem kon word. Die agent het soveel simpatie met die huurders gehad, dat die agent selfs vir die huurder ‘n werk gesoek het. Van die huurders betaal vir maande nie, sodat hul deposito, die dag as hulle uittrek, nie die agterstallige huur dek nie. ‘n Ander huurder het die agent met die huurgeld in die gesig gegooi. Dis skandelik hoe die verhuurder verneder en uitgejou word. Al gaan die verhuurder uit hul pad om die huurders gelukkig te hou.

Dis waar dat dit ‘n baie duur en langsame proses is om ‘n saak teen die huurder te maak, en die huurders is bewus daarvan. Is daar nie ‘n manier om hierdie swak huurders iewers te lys nie, sodat ander verhuurings agente nie ook met dieselfde probleme te doen kry nie. Hoekom mag huurders doen net wat hulle wil, al was daar ‘n kontrak, en daarmee wegkom?

Simpatie met verhuurders.

Exit mobile version