Brandpunt Fotoklub het onlangs hulle Oktober wenners aangekondig.
Sarie du Plessis het met die junior wenfoto weggestap en Elsa E van Dyk met die senior wenfoto.
Sarie se foto Hantamberge het die beoordelaars se harte gesteel terwyl Elsa se foto genaamd Milkweed Seeds bo al die ander uitgestaan het.
Dié is ‘n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton en omgewing. Lede beskryf hulself as ‘n jolige groep mense met ‘n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ‘n stokperdjie, en of jy al ‘n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.
Vir nuus oor Brandpunt Fotoklub, besoek hul webwerf.