Verrassing vir jong man op sy sestiende verjaarsdag

WAS Foundation (We’re Against Starvation) het hande gevat met Solidariteit Helpende Hand om 'n 16-jarige seun se verjaardagwens te bewaarheid.

WAS Foundation (We’re Against Starvation) in Alberton het Solidariteit Helpende Hand vir bystand gevra om ‘n seun se verjaarsdagwens waar te maak.

Sy wens vir sy 16de verjaarsdag was kos vir sy familie – net dit.

Pick n Pay Steeledale het altyd ‘n oop hand en die personeel het onverwyld ingespring met reëlings volgens protokol en ‘n groot skenking bymekaar gesit.

Die hele gesin is bederf met kruideniersware en ook ekstra bederfies vir jong sussie en ook vir oupa.

“Solidariteit Helpende Hand Alberton sowel as ons suster tak in Germiston, wat ingestaan het met vervoer van en terug van die woning, bedank Pick n Pay Steeldale vir hierdie uitreik. Julle het weer hoop aan hierdie familie gebied,” het Johan Olivier van Solidariteit Helpende Hand Alberton gesê.

“Die personeel van Pick n Pay, bestuurder Thulani Mngomezulu, Natalie Isaac en Xaba Khumalo julle word skouerhoog gedra.”

Exit mobile version