Laerskool Orion hou Oktoberfees

Laerskool Orion nooi die gemeenskap uit om saam met hulle te kom kuier en die skool se 20-jarige bestaan te vier.

Die feesvieringe vind plaas op 25 Oktober by die skool en beloof om een groot fees te wees met verskeie gaskunstenaars, en Die Piesangskille as hoofkunstenaars.

Die skool nooi veral hul alumni groep (all oud Ories) uit om hierdie dag spesiaal te maak.

Kostes beloop R250 vir volwassenes, R150 vir hoërskool leerders, R50 vir laerskool leerders en ‘n R100 koelerboksfooi wat by die hekke betaalbaar is.

Kaartjies is beskikbaar by: https://bit.ly/3A6jgXw

Hou die datum oop en hou dié spasie dop vir meer inligting.

Exit mobile version