Helpende Hand gee help kindereenheid

Solidaritiet se Helpende Hand het 'n ruim skenking aan die nuwe Martelise Meaker Kinderbinnepasiënteenheid in Raceview gemaak.

Na die opening van die kindereenheid van die Stepping Stones Palliatiewe Sorgeenheid het Solidariteit Helpende Hand besef dat baie nog gedoen kan word om die gemak van jong pasiënte te verseker.

Solidariteit Helpende Hand Suidrand streeksorganiseerder, Mariolette Vorster en Bianca Oosthuizen (streek maatskaplike werker) het met beskikbare fondse ses groot swaardiens speelmatrasse geskenk wat in die kinderkamers en ruskamer gebruik kan word waar die ouers met die kinders kan speel en kuier.

Alberton se sustertak, Boksburg, het ook ‘n vrag sagte speelgoed geskenk.

Mense wie nog bystand wil verleen kan Tersia Burger by 083 251 9605 skakel.

Exit mobile version