Sakke vol skoene vir behoeftiges ingesamel

Nelson Mandela het vir 67 jaar die publiek gedien.

Hierdie simboliese aksie nooi mense regoor die wêreld uit om 67 minute te wy aan vrywilligerswerk of lukrake dade van vriendelikheid.

Ter viering van hierdie dag, het Laerskool Randhart hope vol skoene en tekkies ingesamel wat vir behoeftiges uitgedeel gaan word.

Deernis pas die Ranties beslis soos ‘n skoen.

Laerskool Randhart het letterlik sakke vol skoene ingesamel ter viering van Mandela Dag.
Nog goed genoeg vir ‘n lang pad en nuwe eienaar.
Reg vir die volgende paar voete om verder te stap.
Hulle sê nie verniet mens weet nie waardeur ander gaan voordat jy nie hul pad in hulle skoene gestap het nie.
Exit mobile version