Solidariteit Helpende Hand besoek DEOPR

Solidariteit Helpende Hand Alberton-tak het ‘n opvoering aangebied genoem ‘Die Boervrou en haar Volk’ at DEOPR.

Solidariteit Helpende Hand Alberton-tak het op 5 Junie ‘n opvoering aangebied genoem ‘Die Boervrou en haar Volk’, ‘n eenvrou-vertoning deur Sandra Taljaard.

Dit is aangebied in die saal van DEOPR sorgsentrum en lede van Mothwa, ‘n nabygeleë aftreeoord is ook genooi. Beide hierdie instansies is geleë in Johannesburg suid.

Besigheidslui van Alberton is ook in hul privaat hoedanigheid genooi om by te woon.

Ashleigh Labuschagne, Ronelle Brand van Solidariteit Helpende Hand Alberton voorsitter, en Sandra Taljaard.

Die agtergrond van die opvoering het die geskiedenis van die Voortrekkers uitgebeeld vanaf Jan van Riebeeck se aankoms in 1652, die 1838 Groot Trek uit die Kaap, die Zulu-oorlog in Natal en suid Vrystaat, die Anglo-Boereoorlog tot en met die Uniewording in 1961.

“Deel van die opvoering het ‘n danspaartjie in tradisionele Voortrekker volkspele drag ingesluit. Die geleentheid is afgesluit met heerlike warm sop voorberei deur DEOPR se kombuis met mosbolletjies en koek,” het Johan Olivier van Solidariteit Helpende Hand gesê.

Helpende Hand bedank die mede-borge, Pam Appelgryn van Avbob Alberton, Frans van Ons Winkel Alberton en personeel van Pick n Pay Steeledale vir hulle ondersteuning en bydraes wat die dag ‘n sukses gemaak het.

Pam Appelgryn van AVBOB.

“Sandra het ons herinner om nie te vergeet waar ons vandaan kom nie, en dat die geskiedenis belangrik en relevant bly.”

Helpende Hand takvoorsitter Ronelle Brand het beaam dat die tak net suksesvol met projekte kan voortgaan met die ondersteuning van lede en skenkers om die takfonds te versterk.

Natalie Isaac van Pick n Pay, Steeldale; Ronelle Brand Solidariteit Helpende Hand Alberton takvoorsitter en Phumzile Khumalo.

Johan Olivier het benadruk dat DEOPR as aftreefasiliteit nog heelwat kapasiteit het vir plasings. Bejaardes en hul familie kan Hennie Els kontak by 083 592 8765.

Vir verdere inligting rakende Helpende Hand skakel Ronelle Brand by 064 085 0948.

Mini en Gert Strydom saam met Johan Olivier van Solidariteit Helpende Hand Alberton-tak.
Mini en Gert Strydom saam met Ronelle Brand, Solidariteit Helpende Hand Alberton takvoorsitter.
Exit mobile version