Emmanuel-groep geniet ‘n heerlike oggend vir hulle 20ste verjaarsdag

West, die musiek groep het opgetree by Emmanuel se 20ste verjaarsdag.

Die Emmanuel groep het op 14 Maart hulle 20ste verjaarsdag gevier, waartydens die groep West opgetree het.

Na die optrede het almal heerlik saam gekuier met eetgoed en die verjaarsdag koek wat deur Avbob geskenk was. Avbob het dan ook kolwyntjies (cupcakes) vir die geleentheid geskenk. Koffie en tee was dan ook beskikbaar.

Die volgende byeenkoms sal plaasvind op die 18 April. Die gaskunstenaar sal nog aangekondig word. Die tyd is soos gewoonlik 09:30 vir 10:00 en almal kom oudergewoonte by die Alberton LewenSentrum bymekaar.

Toegang is gratis maar daar sal wel donasies opgeneem word waarmee die gaskunstenaar vergoed sal word. Bring gerus jou eie eetgoed saam.

Vir verdere navrae skakel gerus vir Marelie Rabie by 082 462 8676

Exit mobile version