Local news

Alberton se Solidariteit Helpende Hand-tak bederf SAPD op Valentynsdag

Solidariteit Helpende Hand-tak versprei liefde aan SAPD lede op Valentynsdag.

Die Solidariteit Helpende Hand-tak van Alberton het op Valentynsdag, 14 Februarie, ‘n spesiale gebaar van liefde en dankbaarheid gebring aan die lede van Alberton SAPD en Brackendowns SAPD.

Die tak het in twee groepe opgedeel en besoek gaan aflê by hierdie polisiestasies. Saam met hulle was Gizelle Wiid, die hoofdogter van Hoërskool Alberton, en haar ouers. Hulle het kolwyntjies oorhandig aan die SAPD lede as deel van hul Valentynsdagvieringe.

Johan Olivier van Solidariteit Helpende Hand Alberton saam met Gizelle Wiid.

By die besoeke het die stasiebevelvoerders van elke stasie die Helpende Hand lede verwelkom en ‘n kort voorstelling van hul spanne gelewer.

Kolwyntjies is op Valentynsdag aan SAPD lede uitgedeel.

Volgens Helpende Hand lede is die uitreikprojekte ‘n manier om terug te gee aan die gemeenskap. “Op hierdie dag van liefde kon ons ook ons waardering wys aan die lede van die gemeenskap wat ons dag in en dag uit beskerm. Hulle kry nie altyd die erkenning wat hulle verdien nie,” het lede gesê.

SAPD lede was groot bederf op Valentynsdag.

Die Solidariteit Helpende Hand-tak bedank ook die SAPD vir hulle toegewyde diens aan die gemeenskap, asook Gizelle en haar ouers vir hulle insette.

Nicolette Morgan, Ronelle Brand, Gizelle Wiid en Johan Olivier.

Vir meer inligting oor die tak, kontak hulle by albertonhelpendehand84@gmail.com of besoek hulle webwerf.

Brackendowns SAPD lede saam met lede van Solidariteit Helpende Hand-tak.

Related Articles

Back to top button