Alberton groet skrywer, dramaturg

Dramaturg, skrywer, joernalis en resensent, Schalk Schoombie is op 17 September op die ouderdom van 66 oorlede.

Vir die meeste onlangse intrekkers in Alberton is Schalk meer bekend vir sy twee boeke, Boomkastele wat in 2015 gepubliseer is en Rooiharing wat in 2017 die lig gesien het. Dan ook vir sy praatjie oor sy jeugdrama My Japan wat in 2016 op die planke gebring.

Schalk het in 2018 by Hoërskool Marais Viljoen High School gedraai om die stuk saam met leerders van die Alberton skole te geniet. My Japan was in 2018 die Graad 11 leerders van Hoërskool Marais Viljoen High School se voorgeskrewe drama.

In sy lewe het hy by verskeie publikasies gewerk, was telkemale op die verhoog en ‘n aantal toekennings ontvang.
Maar dit is nie al hierdie mylpale, erkennings en toekennings waarvoor Schalk onthou sal word nie.

Ten spyte van roem wat telekemale aan sy deur geklop het, was hy ‘n man met sy voete op die aarde met ‘n nederigheid wat mens laat besef het, hierdie man is ‘n mense-mens en sy pad is vir hom aangewys deur sy onwrikbare geloof in God en sy liefdie vir sy gesin en sy mense.

Hy was vlymskerp met ‘n ongelooflike kennis en ten spyte daarvan was daar altyd deernis vir sy medemens.
Schalk het ook bande met die Alberton Record as sub-redakteur gehad en hier het hy ook diep spore gelaat. Hy was vir baie ‘n vriend, eerder as kollega.

Van jou oud-kollegas by die Alberton Record, ons innige simpatie aan jou gesin, Liza, Christaan en Isolde. Weet dat ons julle in gebed vashou.

Schalk, jy was ‘n man van woorde maar vandag is ons sonder woorde … mag jy in vrede rus.

Exit mobile version