Local news

Betowerende blommerangskikkings by Brackenhurst VLU

VLU vroue raak kreatief met blommerangskikkings.

Brackenhurst se Vroue Landbou Unie (VLU) tak het onlangs bymekaar gekom vir hulle maandelike vergadering.
Die tema vir die Maart byeenkoms was enige iets wat met die letter R begin.

Die gasvrou was Barbara Steenkamp. Barbara het die saal versier met sirkels en daar was ook ‘n heerlike eetgereg vir die vroue.

Marietjie Snyman (sekretaresse), Brenda van Zyl (voorsitter) en Anna-Marie du Plooy (tesourier).

“Die woord ‘roem’ het Barbara gebruik in die manier van hoe ‘n mens die Here prys. Daar was ook ‘n gesing oor die lof van God,” het die skakelbeampte, Hannetjie Nolte gesê.

Verder het lede blommerangskikkings met loof, wat beteken enige groenigheid vanuit hulle tuine, gebruik om rangskikkings te maak.

VLU-lede tydens die Maart byeenkoms.

Elize Smook het ook unieke papier rose gemaak.

Word deel van die Brackenhurst VLU-tak

Die VLU se Brackenhurst-tak nooi lede van die publiek, oud en jonk, om by die tak aan te sluit. Die VLU bestaan al vir meer as 90 jaar en is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig.

Hannetjie Nolte en Mara Scholtz.

Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel. Die VLU se missie gaan oor die opheffing van vroue.

Die vroue kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die NG Brackenhurst Kerk bymekaar.

Skakel Hannetjie op 072 205 0194 vir meer inligting.

Blommerangskikkings met loof.
Elize Smook se papier rosies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button