Alberton bring hule aan Yoti

Alberton het hulde gebring aan die Griekse Boertjie in tipiese Yoti-styl met ‘n fees van musiek by Laerskool Randhart.

Yoti Loizos, Alberton se gewilde sanger, is verlede jaar tydens die Covid pandemie oorlede.

Die Albertonse mannekoor en dameskoor, onder leiding van dr Paul Potgieter, het saam met Laerskool Randhart se Randrefrein, onder leiding van mev Jacobs en Kiewietkoor onder leiding van mev Faisell, ‘n vrolike huldigingskonsert aangebied.

Yoti se jarelange vriende, Gert van Tonder van Groep 2 en Joey Louw, het as gaskunstenaars die gehoor getrakteer met ‘n paar gunstelinge. Gert het vir groot pret gesorg toe die gehoor saam met die kore die Oukraalliedjie saamgesing het.

Gert van Tonder van Groep 2 het tydens die fees opgetree.

Yoti se suster, Nicky Drakopolous, het ‘n Griekse dansie en paar staaltjies uit Yoti se lewe met die gehoor gedeel en vertel van die manier hoe hy die Griekse- en Afrikaanse kulture bymekaar gebring het.

Elke koor het in eie styl die gehoor meegevoer op ‘n musikale wereldreis. Die hoogtepunt van die aand was toe die kore saam, as massakoor Yoti se gunstelinge, The lion sleeps tonight en Yoti die Griekse boertjie gesing het.

Die fees is afgesluit deur die massakoor met die gebed Heer ons dink aan Afrika.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version